text
stringlengths 15
658
|
|---|
om skriftelik voorsien te word van redes vir administratiewe optrede wat enige van hul regte of belange raak, tensy die redes vir daardie optrede openbaar gemaak is; en
|
op administratiewe optrede wat regverdigbaar is met betrekking tot die redes wat daarvoor gegee word, waar enige van hul regte geraak of bedreig word.
|
Staatsadministrasie en veiligheidsdienste
|
die wysigings aan daardie artikels soos in Aanhangsel D uiteengesit;
|
enige verdere wysiging of enige herroeping van daardie artikels deur 'n Parlementswet wat ingevolge artikel 75 van die nuwe Grondwet aangeneem is; en
|
bestaanbaarheid met die nuwe Grondwet.
|
Die Staatsdienskommissie en die provinsiale dienskommissies bedoel in Hoofstuk 13 van die vorige Grondwet gaan voort om te funksioneer ingevolge daardie Hoofstuk en die wetgewing wat daarop van toepassing is asof daardie Hoofstuk nie herroep is nie, totdat die Kommissie en die provinsiale dienskommissies by Parlementswet ingevolge artikel 75 van die nuwe Grondwet aangeneem, afgeskaf word.
|
Die herroeping van die vorige Grondwet raak nie enige proklamasie wat kragtens artikel 237 van die vorige Grondwet uitgereik is nie, en so 'n proklamasie bly van krag, behoudens
|
enige wysiging of herroeping; en bestaanbaarheid met die nuwe Grondwet.
|
Enigiemand wat, toe die nuwe Grondwet in werking getree het, besig was om 'n vonnis van meer as 12 maande gevangenisstraf sonder die keuse van 'n boete in die Republiek uit te dien, is onbevoeg om 'n lid van die Nasionale Vergadering of 'n provinsiale wetgewer te word.
|
verval indien die skuldigbevinding op appèl tersyde gestel word, of die vonnis op appèl verminder word tot 'n vonnis wat daardie persoon nie onbevoeg maak nie; en
|
eindig vyf jaar nadat die vonnis voltooi is.
|
Plaaslike regering
|
Ondanks die bepalings van artikels 151, 155, 156 en 157 van die nuwe Grondwet
|
bly die bepalings van die Oorgangswet op Plaaslike Regering, 1993, soos dit van tyd tot tyd gewysig mag word deur nasionale wetgewing wat met die nuwe Grondwet bestaanbaar is, van krag tot 30 April 1999 of totdat dit herroep word, watter ook al die vroegste is; en
|
Artikel 245 van die vorige Grondwet bly van krag totdat die toepassing van daardie artikel verval.
|
Artikel 16 en van die Oorgangswet op Plaaslike Regering, 1993, mag nie voor 30 April 1999 herroep word nie.
|
Veilige bewaring van Parlementswette en provinsiale Wette
|
Artikels 82 en 124 van die nuwe Grondwet raak nie die veilige bewaring van Parlementswette of provinsiale Wette wat aangeneem is voordat die nuwe Grondwet in werking getree het nie.
|
Registrasie van onroerende eiendom van die staat
|
By die voorlegging van 'n sertifikaat deur 'n bevoegde gesag dat onroerende eiendom van die staat ingevolge artikel 239 van die vorige Grondwet in 'n bepaalde regering setel, moet 'n registrateur van aktes die aantekeninge of endossemente in of op enige betrokke register, transportakte of ander dokument aanbring ten einde daardie onroerende eiendom in die naam van daardie regering te registreer.
|
Geen belasting, gelde of ander vordering is ten opsigte van 'n registrasie ingevolge subitem betaalbaar nie.
|
Wysigings van Bylae 2 by die vorige Grondwet
|
Die vervanging van item 1 deur die volgende item:
|
Partye wat ingevolge nasionale wetgewing geregistreer is en wat aan 'n verkiesing van die Nasionale Vergadering deelneem, moet kandidate vir sodanige verkiesing benoem op kandidaatlyste wat ooreenkomstig hierdie Bylae en nasionale wetgewing opgestel is.
|
Die vervanging van item 2 deur die volgende item:
|
Die setels in die Nasionale Vergadering soos ingevolge artikel 46 van die nuwe Grondwet bepaal, word soos volg gevul:
|
Een helfte van die setels uit streeklyste deur die onderskeie partye voorgelê, met ' n vaste getal setels vir elke streek voorbehou soos deur die Kommissie bepaal vir die volgende verkiesing van die Vergadering, met inagneming van beskikbare wetenskaplik gebaseerde gegewens met betrekking tot kiesers, en vertoë deur belanghebbende partye.
|
Die ander helfte van die setels uit nasionale lyste deur die onderskeie partye voorgelê, of uit streeklyste waar nasionale lyste nie voorgelê is nie.
|
Die vervanging van item 3 deur die volgende item:
|
Die kandidaatlyste wat deur 'n party voorgelê word, moet gesamentlik die name van hoogstens 'n getal kandidate gelyk aan die getal setels in die Nasionale Vergadering bevat, en elke sodanige lys moet daardie name in die vaste rangorde van voorkeur wat die party bepaal, aandui.
|
Die wysiging van item 5 deur die woorde wat paragraaf voorafgaan deur die volgende woorde te vervang:
|
Die setels bedoel in item 2 word per streek toegewys aan die partye wat aan 'n verkiesing deelneem, soos volg:.
|
deur die woorde wat paragraaf voorafgaan deur die volgende woorde te vervang: 6.
|
Die setels bedoel in item 2 word soos volg aan die partye wat aan 'n verkiesing deelneem, toegewys:; en
|
deur paragraaf deur die volgende paragraaf te vervang:
|
'n Kwota stemme per setel word bepaal deur die totale getal stemme wat landswyd uitgebring is deur die getal setels in die Nasionale Vergadering plus een te deel, en die resultaat
|
plus een, met weglating van breukdele, is die kwota stemme per setel.
|
Die wysiging van item 7 deur paragraaf deur die volgende paragraaf te vervang: 'n Gewysigde kwota stemme per setel word bepaal deur die totale getal stemme wat landswyd uitgebring is, minus die getal stemme wat landswyd ten gunste van die party bedoel in paragraaf uitgebring is, te deel deur die getal setels in die Vergadering plus een, minus die getal setels wat finaal aan bedoelde party ingevolge paragraaf toegewys is.
|
Die vervanging van item 10 deur die volgende item:
|
Die getal setels in elke provinsiale wetgewer is soos ingevolge artikel 105 van die nuwe Grondwet bepaal.
|
Die vervanging van item 11 deur die volgende item:
|
Partye wat ingevolge nasionale wetgewing geregistreer is en wat aan 'n verkiesing van 'n provinsiale wetgewer deelneem, moet kandidate vir verkiesing tot so 'n provinsiale wetgewer benoem op provinsiale lyste wat ooreenkomstig hierdie Bylae en nasionale wetgewing opgestel is.
|
In opvolging van die aanwysing ingevolge subitem, indien 'n kandidaat se naam op meer as een lys vir die Nasionale Vergadering of lyste vir sowel die Nasionale Vergadering as 'n provinsiale wetgewer verskyn, en so 'n kandidaat geregtig is op aanwysing as 'n verteenwoordiger in meer as een geval, moet die party wat daardie lyste voorgelê het, binne twee dae na bedoelde bekendmaking, aan die Kommissie aandui uit watter lys daardie kandidaat aangewys gaan word of in watter wetgewende liggaam die kandidaat gaan dien, na gelang van die geval, in welke geval die kandidaat se naam van die ander lyste geskrap moet word.
|
Die Kommissie moet onverwyld die lys van name van verteenwoordigers in die wetgewende liggaam of liggame publiseer.
|
Die vervanging van item 19 deur die volgende item:
|
Kandidaatlyste van 'n party bedoel in item 16 kan slegs by een geleentheid te eniger tyd gedurende die eerste 12 maande wat volg op die datum waarop die aanwysing van verteenwoordigers ingevolge item 16 afgehandel is, aangevul word ten einde toevallige vakatures te vul: Met dien verstande dat so 'n aanvulling aan die einde van die lys gemaak moet word.
|
wie se naam verskyn op die kandidaatlys waaruit die ontruimende lid oorspronklik benoem
|
'n Benoeming om 'n vakature te vul, moet skriftelik aan die Speaker voorgelê word.
|
Die invoeging van die volgende item na item 23: Bykomende grond vir verlies van lidmaatskap van wetgewende liggame
|
'n Persoon verbeur lidmaatskap van 'n wetgewende liggaam waarop hierdie Bylae van toepassing is indien daardie persoon ophou om 'n lid te wees van die party wat daardie persoon as 'n lid van die wetgewende liggaam benoem het.
|
Ondanks subitem kan 'n bestaande politieke party te eniger tyd sy naam verander.
|
Binne 'n redelike tyd nadat die nuwe Grondwet in werking getree het, kan 'n Parlementswet ooreenkomstig artikel 76 van die nuwe Grondwet aangeneem word om hierdie item en item 23 te wysig om voorsiening te maak vir die wyse waarop dit vir 'n lid van 'n wetgewende liggaam wat ophou om 'n lid te wees van die party wat daardie lid benoem het, moontlik sal wees om lidmaatskap van dié wetgewende liggaam te behou.
|
'n bestaande party om met 'n ander party saam te smelt; of
|
'n party om in meer as een party te onderverdeel. 14.
|
Die skrapping van item 24.
|
deur die omskrywing van Kommissie deur die volgende omskrywing te vervang: 'Kommissie' die Verkiesingskommissie bedoel in artikel 190 van die nuwe Grondwet; en
|
deur die volgende omskrywing na die omskrywing van nasionale lys in te voeg: 'nuwe Grondwet' die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996. 16.
|
Die skrapping van item 26.
|
in die ontwikkeling en uitvoering van die beleid van die nasionale regering;
|
in alle aangeleenthede met betrekking tot die bestuur van die Kabinet en die verrigting van die werksaamhede van die Kabinet;
|
in die toewysing van werksaamhede aan die Uitvoerende Adjunkpresidente;
|
voordat die President enige aanstelling kragtens die Grondwet of enige wetgewing doen, met inbegrip van die aanstelling van ambassadeurs of ander diplomatieke verteenwoordigers;
|
voordat die President kommissies van ondersoek aanstel;
|
voordat die President 'n referendum uitroep; en
|
voordat die President oortreders begenadig of grasie aan hulle verleen.
|
Artikel 89 van die nuwe Grondwet word geag die volgende bykomende subartikel te
|
Artikel 91 van die nuwe Grondwet word geag soos volg te lui:
|
hoogstens een Minister wat nie 'n lid van die Nasionale Vergadering is nie en wat ingevolge subartikel aangestel is, mits die President, handelende in oorleg met die Uitvoerende Adjunkpresidente en die leiers van die deelnemende partye, die aanstelling van so 'n Minister dienstig ag.
|
Elke party wat minstens 80 setels in die Nasionale Vergadering het, is daarop geregtig om 'n Uitvoerende Adjunkpresident uit die geledere van die Vergadering aan te wys.
|
Indien geen party nie of slegs een party 80 of meer setels in die Vergadering het, is die party wat die grootste getal setels het en die party wat die tweede grootste getal setels het, elk daarop geregtig om een Uitvoerende Adjunkpresident uit die geledere van die Vergadering aan te wys.
|
By sy of haar aanwysing kan 'n Uitvoerende Adjunkpresident kies om as lid van die Vergadering aan te bly of om op te hou om lid van die Vergadering te wees.
|
'n Uitvoerende Adjunkpresident kan die bevoegdhede uitoefen en moet die werksaamhede verrig wat kragtens die Grondwet by die amp van Uitvoerende Adjunkpresident berus of wat deur die President aan daardie amp toegewys is.
|
tot 30 April 1999 tensy hy of sy deur die party wat ingevolge subartikels en geregtig is om die aanwysing te doen, vervang of teruggeroep word; of
|
totdat die persoon wat na 'n verkiesing van die Nasionale Vergadering wat voor 30 April 1999 gehou word, as President verkies word, die amp aanvaar.
|
'n Vakature in die amp van Uitvoerende Adjunkpresident kan gevul word deur die party wat daardie Adjunkpresident aangewys het.
|
'n Party wat minstens 20 setels in die Nasionale Vergadering het en wat besluit het om aan die regering van nasionale eenheid deel te neem, is geregtig op die toekenning aan hom van een of meer van die Kabinetsportefeuljes ten opsigte waarvan Ministers bedoel in subartikel aangestel staan te word, in verhouding tot die getal setels wat die party in die Vergadering het teenoor die getal setels wat die ander deelnemende partye het.
|
Kabinetsportefeuljes word aan die onderskeie deelnemende partye toegeken ooreenkomstig die volgende formule:
|
'n Kwota setels per portefeulje word bepaal deur die totale getal setels in die Nasionale Vergadering wat die deelnemende partye gesamentlik het, te deel deur die getal portefeuljes ten opsigte waarvan Ministers bedoel in subartikel aangestel staan te word, plus een.
|
Die resultaat, met weglating van derde en daaropvolgende desimale breuke, as daar is, is die kwota setels per portefeulje.
|
Die getal portefeuljes wat aan 'n deelnemende party toegeken moet word, word bepaal deur die totale getal setels wat daardie party in die Nasionale Vergadering het, te deel deur die kwota in paragraaf bedoel.
|
Die resultaat dui, behoudens paragraaf, die getal portefeuljes aan wat aan daardie party toegeken moet word.
|
Waar die toepassing van bogenoemde formule 'n surplus oplewer wat nie opgeneem word deur die getal portefeuljes wat aan 'n party toegeken is nie, ding so 'n surplus mee met ander soortgelyke surplusse wat aan 'n ander party of partye toeval, en 'n portefeulje of portefeuljes wat nog nie toegeken is nie, word in volgorde van die hoogste surplus aan die betrokke party of partye toegeken.
|
die spesifieke portefeuljes bepaal wat aan die onderskeie deelnemende partye toegeken moet word ooreenkomstig die getal portefeuljes wat ingevolge subartikel aan hulle toegeken is;
|
ten opsigte van elke sodanige portefeulje 'n lid van die Nasionale Vergadering wat 'n lid is van die party waaraan die portefeulje kragtens paragraaf toegeken is, aanstel as die Minister wat vir daardie portefeulje verantwoordelik is;
|
indien dit vir die doeleindes van die Grondwet of in die belang van goeie regering nodig word, 'n bepaling kragtens paragraaf behoudens subartikel wysig;
|
indien die President daartoe versoek word deur die leier van die party waarvan die betrokke Minister 'n lid is; of
|
indien dit vir die doeleindes van die Grondwet of in die belang van goeie regering nodig word; of
|
wanneer nodig, behoudens paragraaf 'n vakature in die amp van Minister vul.
|
die uitoefening van 'n bevoegdheid in paragraaf, of van daardie subartikel bedoel, die President se besluit die deurslag gee;
|
die uitoefening van 'n bevoegdheid in paragraaf, of van daardie subartikel bedoel wat 'n persoon raak wat nie 'n lid van die President se party is nie, die besluit van die leier van die party waarvan daardie persoon 'n lid is, die deurslag gee; en
|
die uitoefening van 'n bevoegdheid in paragraaf of van daardie subartikel bedoel wat 'n persoon raak wat 'n lid van die President se party is, die President se besluit die deurslag gee.
|
Indien 'n bepaling van portefeuljetoekennings kragtens subartikel gewysig word, ontruim die betrokke Ministers hul portefeuljes, maar kan hulle, waar toepaslik, weer aangestel word in ander portefeuljes wat ingevolge die gewysigde bepaling aan hulle onderskeie partye toegeken word.
|
ten opsigte van daardie portefeulje 'n persoon wat nie 'n lid van die Nasionale Vergadering is nie, aanstel as die Minister wat vir daardie portefeulje verantwoordelik is; en
|
indien nodig, 'n vakature ten opsigte van daardie portefeulje vul; of
|
na oorleg met die Uitvoerende Adjunkpresidente en die leiers van die deelnemende partye 'n aanstelling kragtens paragraaf beëindig indien dit vir die doeleindes van die Grondwet of in die belang van goeie regering nodig word.
|
Die President of, indien die President so 'n opdrag gee, 'n Uitvoerende Adjunkpresident sit op vergaderings van die Kabinet voor: Met dien verstande dat die Uitvoerende Adjunkpresidente om die beurt op vergaderings van die Kabinet voorsit tensy die behoeftes van regering en die gees wat in die begrip van 'n regering van nasionale eenheid beliggaam is, 'n ander reëling verg.
|
Die Kabinet funksioneer met inagneming van die konsensus-soekende gees wat in die begrip van 'n regering van nasionale eenheid beliggaam is, asook van die behoefte aan doeltreffende regering.
|
'n Party is geregtig op die toekenning aan hom van een of meer adjunkministersposte in dieselfde verhouding as dié waarin en volgens dieselfde formule as dié waarvolgens portefeuljes in die Kabinet toegeken word.
|
Die bepalings van artikel 91 tot is met die nodige veranderings ten opsigte van Adjunkministers van toepassing, en by sodanige toepassing word 'n verwysing in daardie artikel na 'n Minister of 'n portefeulje uitgelê as 'n verwysing na onderskeidelik 'n Adjunkminister of 'n adjunkministerspos.
|
Subsets and Splits
No community queries yet
The top public SQL queries from the community will appear here once available.