Datasets:

text
stringlengths
15
658
Volkeregtelike gewoontereg het regskrag in die Republiek tensy dit met die Grondwet of 'n Parlementswet onbestaanbaar is.
Toepassing van volkereg
By die uitleg van wetgewing moet elke hof aan enige redelike uitleg van die wetgewing wat met die volkereg bestaanbaar is, voorkeur gee bo enige alternatiewe uitleg wat met die volkereg onbestaanbaar is.
Ander aangeleenthede Handveste van Regte
Ten einde die kultuur van demokrasie deur die Grondwet ingestel, te versterk, kan die Parlement Handveste van Regte aanneem wat met die bepalings van die Grondwet bestaanbaar is.
Die Suid-Afrikaanse bevolking as geheel se reg op selfbeskikking soos in hierdie Grondwet vergestalt, belet nie, binne die raamwerk van dié reg, die erkenning nie van die konsep van die reg van enige gemeenskap wat 'n gemeenskaplike kultuur- en taalerfenis deel, op selfbeskikking binne 'n territoriale entiteit in die Republiek of op enige ander wyse, soos deur nasionale wetgewing bepaal.
Befondsing vir politieke partye
Ten einde veelpartydemokrasie te bevorder, moet nasionale wetgewing voorsiening maak vir die befondsing, op 'n billike en proporsionele grondslag, van politieke partye wat aan nasionale en provinsiale wetgewers meedoen.
Getroue nakoming van verpligtinge
Alle grondwetlike verpligtinge moet getrou en sonder versuim nagekom word.
Agentskap en delegering
enige bevoegdheid of funksie wat ingevolge wetgewing uitgeoefen of verrig moet word aan enige ander uitvoerende staatsorgaan delegeer mits die delegering bestaanbaar is met die wetgewing ingevolge waarvan die bevoegdheid uitgeoefen of die funksie verrig word ; of
ondergeskikte wetgewing ingevolge 'n Parlementswet gemaak; en
wetgewing wat van krag was toe die Grondwet in werking getree het en wat deur die nasionale regering geadministreer word;
enige staatsdepartement of administrasie in die nasionale, provinsiale of plaaslike regeringsfeer; of
wat ingevolge die Grondwet of 'n provinsiale grondwet 'n bevoegdheid uitoefen of 'n funksie verrig; of
ingevolge wetgewing 'n openbare bevoegdheid uitoefen of 'n openbare funksie verrig, maar nie ook 'n hof of 'n regterlike beampte nie;
ondergeskikte wetgewing ingevolge 'n provinsiale Wet gemaak; en
Oorgangsreëlings
Bylae 6 is van toepassing op die oorgang na die nuwe grondwetlike bestel wat deur hierdie Grondwet ingestel word en op enige aangeleentheid wat met dié oorgang in verband staan.
Herroeping van wette
Die wette vermeld in Bylae 7 word herroep, behoudens artikel 243 en Bylae 6.
Kort titel en inwerkingtreding
Hierdie Wet heet die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996, en tree so gou as moontlik in werking op 'n datum wat die President by proklamasie bepaal, wat nie 'n datum later as 1 Julie 1997 mag wees nie.
Die President kan verskillende datums wat voor die datum vermeld in subartikel is ten opsigte van verskillende bepalings van die Grondwet bepaal.
Tensy uit die samehang anders blyk, word 'n verwysing in 'n bepaling van die Grondwet na 'n tydstip waarop die Grondwet in werking getree het, uitgelê as 'n verwysing na die tydstip waarop daardie bepaling in werking getree het.
Indien daar ingevolge subartikel 'n verskillende datum ten opsigte van enige besondere bepaling van die Grondwet bepaal word, word enige ooreenstemmende bepaling van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1993, wat in die proklamasie vermeld word, met ingang van dieselfde datum herroep.
Artikels 213, 214, 215, 216, 218, 226, 227, 228, 229 en 230 tree op 1 Januarie 1998 in werking, maar dit belet nie die verordening ingevolge hierdie Grondwet voor daardie datum van wetgewing wat in enige van hierdie bepalings beoog word nie.
Tot daardie datum bly enige ooreenstemmende en verbandhoudende bepalings van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1993, van krag.
BYLAE 1 Nasionale Vlag
Die nasionale vlag is reghoekig, en is een en 'n half maal langer as die wydte daarvan.
Dit is swart, goud, groen, wit, rissierooi en blou.
Dit het 'n groen Y-vormige baan wat een vyfde van die wydte van die vlag is.
Die middellyne van die baan strek vanaf die boonste en onderste hoeke naas die vlagpaal, sluit in die middel van die vlag by mekaar aan, en strek daarvandaan horisontaal na die middel van die
Die groen baan is bo en onder wit gesoom en na die vlagpaal goud gesoom.
Elke soom is een vyftiende van die wydte van die vlag.
Die driehoek naas die vlagpaal is swart.
Die boonste horisontale baan is rissierooi en die onderste horisontale baan is blou.
Schedule 1A GEOGRAPHICAL AREAS OF PROVINCES The Province of the Eastern Cape
OATHS AND SOLEMN AFFIRMATIONS
Ampseed of plegtige verklaring van President en Waarnemende President
Die President of Waarnemende President moet voor die President van die Konstitusionele Hof 'n eed aflê/plegtig verklaar, soos volg:
s aan almal reg sal laat geskied; en
s my aan die welsyn van die Republiek en al sy mense sal wy.
Ampseed of plegtige verklaring van Adjunkpresident
Die Adjunkpresident moet voor die President van die Konstitusionele Hof 'n eed
aflê/plegtig verklaar, soos volg:
In die teenwoordigheid van almal hier vergader en in die volle besef van die hoë roeping
s sal bevorder wat tot die voordeel van die Republiek is en sal afweer wat die Republiek kan
s 'n opregte en getroue raadgewer sal wees;
s my pligte met al my kragte en talente na my beste kennis en vermoë en getrou aan die stem
van my gewete sal verrig;
do justice to all ;
s my aan die welsyn van die Republiek en al sy mense sal wy.
Ampseed of plegtige verklaring van Ministers en Adjunkministers
Ampseed of plegtige verklaring van Premiers, Waarnemende Premiers en lede van provinsiale Uitvoerende Rade
Ampseed of plegtige verklaring van Regterlike Beamptes
Iemand wat in die amp van Hoofregter van die Hoogste Hof van Appèl aangestel is en wat ten tyde van daardie aanstelling nie reeds 'n regter is nie, moet voor die President van die Konstitusionele Hof 'n eed of plegtige verklaring aflê.
Regterlike beamptes en waarnemende regterlike beamptes, buiten regters, moet ingevolge nasionale wetgewing 'n eed/plegtige verklaring aflê.
die Nasionale Vergadering vergader om die President, of die Speaker of Adjunkspeaker van die Vergadering, te verkies;
die Nasionale Raad van Provinsies vergader om sy Voorsitter of 'n Adjunkvoorsitter te verkies; of
'n provinsiale wetgewer vergader om die Premier van die Provinsie of die Speaker of Adjunkspeaker van die wetgewer te verkies.
Formele vereistes
'n Nominasie moet voorgelê word op die vorm wat voorgeskryf word deur die reëls in item 9 vermeld.
deur twee lede van die Nasionale Vergadering, indien die President, of die Speaker of Adjunkspeaker van die Vergadering, verkies moet word;
namens twee provinsiale afvaardigings, indien die Voorsitter of 'n Adjunkvoorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies verkies moet word; of
deur twee lede van die betrokke provinsiale wetgewer, indien die Premier van die provinsie of die Speaker of Adjunkspeaker van die wetgewer verkies moet word.
'n Persoon wat genomineer word, moet aanname van die nominasie te kenne gee deur óf die nominasievorm óf enige ander vorm van skriftelike bevestiging te teken.
Aankondiging van name van kandidate
Op 'n vergadering waarop hierdie Bylae van toepassing is, moet die voorsittende persoon die name aankondig van die persone wat as kandidate genomineer is, maar mag die voorsittende persoon geen debat toelaat nie.
Enkele kandidaat
Indien slegs een kandidaat genomineer word, moet die voorsittende persoon verklaar dat daardie kandidaat verkies is.
moet daar by wyse van geheime stemming op die vergadering gestem word;
mag elke lid wat op die vergadering teenwoordig is, of indien dit 'n vergadering van die Nasionale Raad van Provinsies is, elke provinsie wat op die vergadering verteenwoordig is, een stem uitbring; en
moet die voorsittende persoon die kandidaat wat 'n meerderheid van die stemme kry, verkies verklaar.
Uitskakelingsprosedure
Indien geen kandidaat 'n meerderheid van die stemme kry nie, word die kandidaat wat die laagste getal stemme gekry het, uitgeskakel en moet 'n verdere stemming oor die oorblywende kandidate ooreenkomstig item 6 plaasvind.
Hierdie prosedure moet herhaal word totdat 'n kandidaat 'n meerderheid van die stemme kry.
The Chief Justice must make rules prescribing-
and did not participate in the last election for the provincial legislature concerned , the legislature must allocate the undistributed delegates in the delegation to the party or parties with the same surplus in a manner which is consistent with democracy .
Cultural matters Disaster management
Formule om Partydeelname aan Provinsiale Afvaardigings na die Nasionale Raad van Provinsies te bepaal
Lughawens, behalwe internasionale en nasionale lughawens
Tradisionele leierskap, behoudens Hoofstuk 12 van die Grondwet Verbruikersbeskerming
Voertuiglisensiëring Welsynsdienste Deel B
Die volgende plaaslike regeringsaangeleenthede in die mate in artikel 155 en uiteengesit: Bouregulasies
Brandbestrydingsdienste Elektrisiteits- en gasvoorsieningstelsels Handelsregulasies
Kindersorggeriewe Lugbesoedeling Munisipale beplanning Munisipale gesondheidsdienste Munisipale lughawens Munisipale openbare vervoer
Plaaslike toerisme
Vloedwaterbestuurstelsels in beboude gebiede
Water- en sanitasiedienste, beperk tot stelsels vir die voorsiening van drinkbare water en die wegdoen van huishoudelike afvalwater en rioolvuil
Abattoirs Ambulansdienste
Argiewe, behalwe nasionale argiewe Biblioteke, behalwe nasionale biblioteke Dranklisensies
Begraafplase, lykdienslokale en krematoriums
Beheer oor ondernemings wat drank aan die publiek verkoop Beheer oor openbare steurnisse
Geraasbesoedeling
Markte Munisipale abattoirs Munisipale paaie
Munisipale parke en ontspanning Omheinings en heinings Openbare plekke Plaaslike geriewe Plaaslike sportgeriewe Reiniging
Reklameborde en die vertoon van advertensies op openbare plekke Skutte
Vullisverwydering, vullishope en die wegdoen van vaste afvalstowwe BYLAE 6